GEORGE NUUS - Die Go George bus staking het nie het 'n invloed op die pendelaars nie, maar ook nou op besighede. Dis vandat taxi's Markstraat oorgeneem het en nie net geallokeerde busparkeing volstaan nie, maar ook gewone parkeerareas.
Dit frustreer nie net sake eienaars nie, dit raak ook hul sak op die einde van die dag. Keith McFarlan wat 'n klein herstelwinkel in die straat het, sê hulle verloor kliënte en kan dit nie bekostig nie. McFarlan sê hy het met die munisipaliteit en verkeersdepartement gepraat oor die probleem, maar niemand het sover reageer nie.
"Hier het 'n paar wetstoepassing beamptes verby geloop, maar dit was duidelik dat hulle glad nie vir ons probleem hier was nie."
Ook Leon van der Hoven van Key and Lock kla oor die taxi's wat die pad volstaan. Hy sê dis normaalweg 'n besige straat wanneer die busse daar staan, maar die taxi's traak nie hoe of waar hulle staan nie.
Hy kla hulle was die bussies daar in die straat en urineer selfs daar. "Dit baat nie praat met die bestuurders van die bussies nie, hulle kyk jou net. Maar my kliënte kla hulle het nie toegang tot my plek nie."
John Duda, 'n taxi area-bestuurder het beloof om met die bestuurders te praat oor die probleem.
Van der Hoven en McFarlan moet nou motors in die parkeerareas voor hul besighede parkeer sodat kliënte ten minste kan sien hulle is oop en ook hul naam kan sien. Louis Terblanche van R&S Communications sê hy sou lankal hieroor gaan kla het as hy geweet het by wie.
"Sê my by wie kan ek kla en of dit gaan help," wou Terblanche weet. Hy sê natuurlik is die polisie en verkeer bewus van die probleem, en jy kan nie by Go George se baas kla nie, want hy is besig met onderhandelinge.
Keith McFarlan sê vandat die busse begin staak het het die taxis Markstraat oorgeneem. Hy vra net dat hulle ten minste gewone parkeerareas ooplos sodat hy en ander sake eienaars steeds 'n geldjie kan maak. Salette Cloete
Vir die sake eienaars het die busstaking 'n reuse impak op hul alledaagse sake bedrywighede, want ten minste weet hulle waarmee hulle te doen het, maar die taxi's is onvoorspelbaar. John Duda, 'n taxi area-bestuurder, sê die manne wil nie eens vir hom luister nie.
"Ek belowe het sal met hulle praat en hoor of hulle net die normale parkeerareas kan ooplos."
Duda en 'n groep taxi bestuurder het gister in Markstraat gesit en wag vir passasiers om hul taxis vol te maak.
Artikel: Salette Cloete en Brümilda Swartbooi, George Herald-Joernaliste
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'