Update
GEORGE NUUS - Tandarts Ian Venter (45), verskyn weer op Dinsdag 10 Oktober in die George-landdroshof op klagtes van minagting van die hof.
Venter, wat 'n vier jaar vonnis van korrektiewe toesig uitdien, is in Mei vanjaar by sy praktyk in die middedorp in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat hy steeds kinders behandel.
Hy is in November 2014 gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 'n seksklag waarby 'n minderjarige seun, toe 15 jaar oud, betrokke was. Streeklanddros Eugenia Jacobs het toe gelas dat Venter se naam in die nasionale register vir seksoortreders opgeneem word en hy daarom nie met kinders, of in die omgewing van kinders, mag werk nie.
Venter het in September ook in die hof verskyn in verband met 'n molesteringsaak wat na bewering op 11 April 2015 by sy huis in Heroldsbaai plaasgevind het.
'n Seun (13) beweer Venter het hom seksueel betas toe hy by sy huis oornag het. Venter ontken skuld. Hy verskyn weer op 5 Desember in die hof op dié klagte.
Klik hier vir vorige artikels:
- Tandarts in hof oor kinder-pasiënte, kry borgtog
- Plaaslike tandarts kry borg
- Plaaslike tandarts vandag weer in hof
- Dr. Ian Venter gearresteer
- Ian Venter-saak wéér uitgestel
- Ian Venter-saak later weer in hof
- Opvolg: Tandarts ontken betasting
- Tandarts ontken betasting
- Ma van tienerseun getuig
- Tandarts-saak: Ma van slagoffer getuig
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'