Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Rioolwater wat vir etlike dae onverpoos in 'n waterkanaal gevloei het, het Maandagmiddag vinnig aandag gekry. Volgens 'n inwoner van dié buurt in Pacaltsdorp moes diegene wat langs die kanaal in Kloofstraat woon vir weke met die stank saamleef.
Volgens die munisipale woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, is 'n verstopping op 3 November aangemeld en is dit dieselfde dag skoongemaak.
"'n Tweede verstopping het die naweek weer plaasgevind en is vandag [Maandag] uit die weg geruim," het sy gesê.
"By nadere ondersoek is bevind dat die rioolverbinding na een van die eiendomme in Kloofstraat, beskadig is, wat veroorsaak het dat ongewenste voorwerpe die stelsel binnedring. Dit het die verstopping veroorsaak. Die rioolverbinding is vandag herstel."
Kyk 'n video hieronder:
Voormalige DA-raadslid Edmund Bussack, is maar al te bly dat die probleem aandag gekry het.
"Ek woon hier langs die kanaal en ek was al raadop met die probleem," het hy gesê. "Kinders speel graag in die veldjie en diere drink ook van die water. Dit was regtig 'n naarheid. Ons is baie dankbaar dat die stroompie nou sommer ook skoongemaak is."
Fotogalery: Stinkwater in Kloofstraat, Pacaltsdorp
Maandagmiddag skuins na 13:00 begin die skoonmaakoperasie. Foto: Verskaf
Die kanaal loop al langs Kloofstraat in Pacaltsdorp. Foto: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'