GEORGE NUUSFLITS - Berg-en-Dal Voetslaanklub het die indringer wattelbome in die Suid-Kaap die stryd aangesê.
Die stappers verken minstens twee keer 'n week die berge en natuur van die Tuinroete en versprei nou plantgroeisels (galls) wat met larwes besmet is en verhoed dat wattelsade ontkiem.
Berg-en-Dal het op 25 Julie ses sakke van die groeisels wat lyk soos 'n jong braambessie, by die Tuinroete Botaniese Tuin bekom en sommer die dag daarna is die eerste sak op drie staproetes tussen die botaniese tuin en die berg versprei.
Die voetslaners het die voordeel om gereeld te kom waar min inwoners ooit 'n voet sit. Volgens stapper Ernest Lamprecht is die wattelprobleem baie erger as wat die meeste mense vermoed.
"Ons het ‘n beraming gemaak en reg langs ons staproetes alleen is daar sowat 2 miljoen wattelbome. Op plekke is daar tot 40 klein bome per vierkante meter!"
Sien die PDF dokument hier om meer van hierdie metode van biologiese bestryding van wattels te leer.
Lede van die Berg-en-Dal Voetslaanklub versprei die larwes wat die voortplanting van wattelbome belemmer.
Lees meer in Donderdag se George Herald en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'