GEORGE NUUS - Georgiete word genooi om vir 'n goeie doel te stap saam met die Kankervereniging (Kansa) wanneer hulle op Saterdag 28 November 'n Shades of Pink-pretstap aanbied om geld in te samel en bewustheid oor kanker te skep.
Dis 'n pretgeleentheid vir die hele familie en deelnemers word gevra om in blou of pienk aan te trek.
Die dra van maskers is verpligtend en fisiese distansiëring sal toegepas word. Die stap begin en eindig by die Outeniqua Familiemark. Inskrywings vind plaas vanaf 08:00 en die stap begin om 09:00.
Die inskrywingsfooi is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders onder 12.
Vir meer inligting, kontak Minette van Zyl by 082 443 3601 of mvzyl@cansa.org.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'