GEORGE NUUS - 'n Groep BMW-entoesiaste het die afgelope naweek 'n baie nodige kospakkie asook volwasse doeke aan 'n dankbare familie oorhandig.
Vladimar Gordon, wat die idee met sy vriende en kollegas gedeel het, sê hy het dit nie gedoen om aandag of publisiteit te kry nie.
"Ek het eers net 'n pak doeke gaan gee, maar daar is maar min in 'n pakkie. Die familie het meer nodig gehad."
Gordon sê dis toe hy sy sosiale groep asook kollegas betrokke gekry het. Hy sê hulle het besef hoe groot die nood van families in die Tuinroete is wat nie 'n vaste inkomste het nie.
Die lede wil almal bedank wat skenkings gemaak het asook die wat opgedaag het.
Die Garden Route BMW-groep hier saam met die familie aan wie hulle 'n kospakkie geskenk het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'