Update
GEORGE NUUS - Pacaltsdorp-polisie se soektog na die vermiste visserman, Vernon Zeelie (20), het nog niks opgelewer nie.
Zeelie is op 23 Mei deur branders van die rotse geslaan terwyl hy saam met 'n vriend gehengel het.
Vir dae het polisie, polisieduikers en soekgeselskappe die kusgebied gefynkam, maar kon geen teken van Zeelie vind nie.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, adjudantoffisier W Van Schalkwyk, van die Pacaltsdorp-speurdiens by 082 522 3120 kontak.
Daar word ook steeds na Sarah April (70) van New Dawnpark gesoek.
Sy is laas op 18 Mei gesien toe sy haar huis in Crotonslot verlaat het om winkel toe te gaan.
Sy het 'n rooi top aangehad.
Persone met inligting oor haar verdwyning, kan adjudantoffisier Frik van Aswegen by die Pacaltsdorp-speurtak by 044 803 9130, of Crime Stop by 08600 10111, skakel.
Vorige artikels:
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’