GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp-polisie doen ’n beroep op die publiek om te help om die 70-jarige Sarah April op te spoor. Sy is deur haar familie as vermis aangemeld. April, wat in Crotonslot in Pacaltsdorp woon, is op Sondag 18 Mei laas gesien toe sy haar huis verlaat het. Sy was geklee in ’n rooi top.
Die polisie volg tans alle moontlike leidrade op, maar kon nog geen teken van April vind nie.
Die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Frik van Aswegen, het die publiek versoek om enige inligting oor April se verdwyning met die polisie te deel.
Enigiemand met inligting kan die Pacaltsdorp-speurders by 044 803 9130 of Crime Stop by 08600 10111 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’