Update
GEORGE NUUS - Dit is amper ’n week sedert Sarah April (70) van Pacaltsdorp vermis geraak het, en steeds is daar geen teken van haar nie.
April is laas op Sondag 18 Mei gesien toe sy haar huis in Crotonslot, New Dawn Park, verlaat het om winkel toe te gaan. Sy het 'n rooi top aangehad. Sedertdien is daar geen spoor van haar nie.
Vandag het lede van die plaaslike buurtwagte, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en inwoners ‘n deur-tot-deur-soektog geloods in die area waar April laas gesien is.
Hulle beplan ook om die omliggende bosgebiede deur te kam.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat Sarah April moontlik gesien het, of wat oor enige inligting oor haar verdwyning beskik, om kontak te maak met adjudant-offisier Frik van Aswegen by die Pacaltsdorp-speurtak by 044 803 9130, of Crime Stop by 08600 10111.
Die soekgeselskap kort voor hulle vertrek in New Dawn Park vanoggend.
Vorige artikel: Help vermiste vrou (70) van Pacaltsdorp opspoor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’