Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Opvolgsoektog na die 70-jarige Petrus Groenewalt van die Mosselbaai-omgewing is op die oomblik op die Saasveld-pad net buite George aan die gang. Groenewalt word sedert 9 Maart vermis nadat hy sy huis in Keurboomstraat Hartenbos verlaat het.
Sy wit Toyota Hilux is later gevind, maar geen spoor van hom nie.
Verskeie rolspelers waaronder die polisie, SANParke en Working on Fire neem aan vanoggend, 4 November, se Soektog deel.
Sowat 60 mense is daarby betrokke en die pad aan beide kante in die omgewing van Silver River bridge word gefynkam. Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het met George Herald by die versamelpunt van belanghebbendes gepraat.
Video: Soektog na vermiste man hervat:
Verskeie rolspelers waaronder die polisie, SANParke en Working on Fire neem aan vanoggend soektog deel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'