GEORGE NUUS - Inwoners van George moet asseblief daarop let dat die Munisipaliteit 'n maandelikse SMS aan alle rekeninghouers uitstuur om jou in kennis te stel van die nuwe opgedateerde saldo op jou rekening.
Die SMS word uitgereik +- 7 dae nadat die rekeninge uitgereik is. Dit is 'n hoflikheids-SMS.
'n Tweede HERINNERING-SMS word rondom die 12de of 13de van die maand uitgestuur as 'n herinnering aan rekeninghouers dat betaling teen die 15de van elke maand betaalbaar is.
Alle rekeninghouers wat hul rekeninge reeds betaal het en dan die tweede SMS ontvang, MOET ASSEBLIEF DIE BOODSKAP IGNOREER. Die tweede SMS moet nie as 'n berisping gesien word nie.
Ons doen 'n beroep op alle belastingbetalers wanneer die George Finansiële Direktoraat kontak word, om asseblief seker te maak dat die GRG rekening nommer voorsien word om tyd en geld te bespaar.
Net so belangrik is dit om 'n pen en papier gereed te hê voordat jy die Munisipaliteit skakel.
George Munisipaliteit wil graag ons inwoners bedank vir hul samewerking.
Kontak asseblief die volgende nommers in Finansies vir rekeningnavrae, 044 801 9004 /9017/9518/9135/9009 of e-pos accounts@george.gov.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'