Update
GEORGE NUUS - Die bestuurder van 'n Toyota Prado het matige beserings opgedoen toe sy voertuig Maandagoggend, 11 Januarie, op sy dak te lande gekom het.
Die voorval het kort voor 09:00 op die Maalgate-brug op die R102 tussen George en Groot-Brakrivier plaasgevind.
Volgens inligting wat op die toneel verkry is, het die bestuurder uit die rigting van Groot-Brakrivier na George gery toe hy teen die afdraende naby die brug beheer oor sy voertuig verloor het. Die sleepwa wat hy getrek het, het oor die pad begin swaai en losgekom van die voertuig.
Die Prado het na bewering die brug se reling getref en op sy dak te lande gekom.
Die man is deur ER24-paramedici op die toneel behandel en na die hospitaal geneem vir verdere behandeling en steke. Niemand anders was in die motorongeluk betrokke nie.
Die bestuurder van die Prado het matige beserings opgedoen en is deur ER24-paramedici na die hospitaal geneem.
The driver of a Toyota Prado sustained moderate injuries when his vehicle overturned on the Maalgate bridge on the R102 (airport road) on Monday. He was travelling alone and no other vehicles were involved.
Die Toyota Prado het op sy dak tot stilstand gekom. Photos: Gerard Lidus Blaeser
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'