GEORGE NUUS - Dellville Park Primêr was vanoggend besig met oriëntering van hul gr. 2 en 3-klasse wat op 6 Julie moet teruggaan skool toe.
Robert Grootboom, hoof van Dellville Park Primêr, sê wat die gemeenskap vanoggend waargeneem het, was toe ouers die leerders by die skool kom haal het na oriëntering. “Ons ouers kom haal nie hul kinders úít die skool nie,” het hy gesê.
Hy sê hulle het ‘n program vir die verskillende grade uitgewerk wat in ‘n brief aan ouers verduidelik is.
“Die brief verduidelik op watter datums daardie klas moet opdaag vir skool en wanneer hulle skoolwerk moet gaan afhaal.”
Grootboom sê die oriëntering was sodat leerders presies weet wat om te verwag as hulle terug is by die skool. Dit is ook om onnodige vrese by ouers uit die weg te ruim. “Alles is in plek. Dellville Park se gemeenskap het geen rede tot vrees nie.”
Lees meer in hierdie week se uitgawe van George Herald.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'