Video
SKOOL NUUS EN VIDEO's - Olympia Vaardigheidskool het vanoggend (9 September) ‘n nuwe biblioteek en bronnesentrum in gebruik geneem. Dit is vandeesweek Nasionale Boekeweek (6 tot 12 September) en Internasionale Geletterdheidsdag (8 September).
Die geleentheid is bygewoon deur verskeie belanghebbendes in die plaaslike onderwysgemeenskap, die Lions-organisasie, onderwysers en leerders.
Gerhard Haupt, hoof van die skool, het in sy verwelkoming gesê dis heel gepas dat die nuwe geriewe in dieselfde week as Nasionale Boekeweek en Internasionale Geletterdheidsdag in gebruik geneem word.
Reginald Mitchell, adjunkhoof akademies, het gewys op die waarde daarvan om te kan lees. Dit beteken onder meer dat iemand kan praat oor ‘n onderwerp. Lees help jou ook om op hoogte te bly van dinge in die wêreld.
Hy het leerders gevra om seker te maak dat wanneer hulle eendag volwassenes is, daar altyd boeke in hulle huise sal wees. Dis belangrik dat die waarde van lees aan die volgende geslag oorgedra word.
Hazel Human, biblioteek-koördineerder by die skool, het gesê by die biblioteek gaan gepoog word om leerlinge met erge akademiese agterstande met hul leeswerk te help. Die biblioteek het ‘n kalm atmosfeer en daar gaan ook gepoog word om in die verband leerders ook op ‘n emosionele vlak te ondersteun.
Kyk video's hieronder.
Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'