GEORGE NUUS - Die George Herald is besig om inligting op te volg na ‘n skietvoorval in Fernstraat, Pacaltsdorp, vroeër vanmiddag.
‘n Man in sy 30s is in verband met die voorval by sy huis in Missionstraat aangekeer.
Volgens inligting wat deur die koerant ontvang is, is twee skote afgevuur. Niemand is beseer nie en dit is nog nie duidelik wat aanleiding tot die skietery gegee het nie.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'