GEORGE NUUS - ‘n Brand laat gisteraand by die pompstasie in Borcherds het inwoners laat gis of hul riolering deur hierdie insident beïnvloed sal word.
George-munisipaliteit het vanoggend bevestig dat slegs die sekuriteitshokkie by die Borcherds-pompstasie afgebrand het, en nie die pompstasie nie.
“Riooldienste word nie daardeur geaffekteer nie,” het Athane Scholtz, mediaskakelbeampte van George-munisipaliteit gesê.
“Die oorsaak van die brand word ondersoek. Bewerings dat munisipale werkers hierby betrokke was, is ongegronde bespiegeling. Die munisipaliteit versoek dat enige persoon wat oor enige inligting in hierdie verband beskik, dit asseblief dadelik aan die polisie sal aanmeld.”
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'