GEORGE NUUS - Die Sektorpolisiëringsforum (SPF) van George is verlede week van stapel gestuur en begin met 'n span vir Sektor 1. Jeff Lester die voorsitter van die SPF, sê Sektor 1 sluit in al die besighede in die dorp.
Hy verduidelik dat daar 11 sone is wat gedek moet word, en hulle nooi dus vrywilligers uit om aan te sluit.
Volgens hom sal belangstellendes hul eie belange op die hart dra om deel te wees. Lester sê die SPF gaan die eerste persone op 'n toneel wees om die misdaad te help voorkom.
Volgens die SPF daag die polisie, verkeer en wetstoepassing normaalweg na die tyd by 'n toneel op en dan het die misdaad reeds plaasgevind.
"Ons wil dit help voorkom. Dit is hoekom daar WhatsApp-groepe is sodat mense onmiddellik met ons in verbinding kan tree en daar dadelik opgetree kan word."
Hulle wil ook vir We are George, Mikaila Hendrix, Total Courtenay, Albert Neizel, Ground Control, Stefan Localwize en Jannie Halgryn bedank vir hul finansiële bydraes.
As jy deel wil wees of aansluit by die SPF kontak Barry Botha by 084 927 3263 of stuur 'n e-pos na sector1@cpfgeorge.org.
Van links is konst. Thabo Madoyi, Jeff Lester (voorsitter), twee addisionele lede, Rupert Pretorius, Barry Botha (ondervoorsitter) en konst. Eslein Kammies.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'