GEORGE NUUS - Die amptelike loodsing van die Sektor 1 CBD-groep is vroeër vandeesmaand by Honda George gehou.
"Ons vra graag vir alle besighede om lid te raak van die Sektor 1 CBD-groep. Daar is geen koste aan verbonde nie, maar saam vorm ons 'n eenheid vir almal waar dit veilig is om te kan werk, te kan inkopies doen en met jou gesin te kan rondbeweeg sonder die bekommernis van diefstal en al die negatiewe elemente wat kan kop uitsteek in 'n area waar misdaad nie verhoed of bekamp word nie," het die woordvoerder, Barry Botha gesê.
"Dit kan slegs doeltreffend gedoen word as ons hande vat en saam as 'n eenheid polisiëring doen."
Die bestuurskomitee het Honda bedank vir hulle bydrae om die aand 'n reusesukses te maak. "Dankie vir al die besigheidseienaars wat die geleentheid by gewoon het," het Botha gesê.
Meer inligting is op hul Facebook-blad, CPF Sector 1 of by www.cpfgeorge.org beskikbaar, of bel Barry Botha by 084 927 3263 of stuur 'n e-pos na sector1@cpfgeorge.org.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'