Update
GEORGE NUUS - Ná 17 jaar van toegewyde diens by die Tuinroete-DBV het senior inspekteur Salomé Bruyns, besluit om 'n ander uniform aan te trek.
Dit beteken egter nie dat sy handdoek ingooi óf gaan ophou om haar tyd, liefde en ondervinding aan diere in en om George te bestee nie.
Bruyns, 'n bekende gesig in George, sluit eersdaags by Colleen Smith en haar span by Oudtshoorn Dogs In Need (Odin) aan.
Buiten die tak op Oudtshoorn, het Odin in Januarie ‘n tak op Tantivvey-gasteplaas in George oopgemaak waar hulle troeteldier-aannemings fasiliteer en tydelike verblyf vir troeteldiere aanbied.
"Ek is baie opgewonde om by Odin aan te sluit. Ek is reg vir die groot uitdaging om van ‘n sterk organisasie soos die DBV na ‘n kleiner een te skuif en om hulle te help bou aan wat reeds ’n suksesvolle organisasie is," het Bruyns aan George Herald gesê.
Bruyns sê sy is steeds meer as bereid om die DBV in noodsituasies by te staan of wanneer hulle van haar dienste gebruik wil maak.
"Hulle weet hulle is enige tyd welkom om my te kontak vir advies of bystand."
Smith is opgewonde om Bruyns by die Odin-span te verwelkom. “Ons het Salomé se toewyding aan diere nog altyd bewonder en weet dat sy ‘n briljante toevoeging tot die span is. Haar passie, kennis en morele waardes pas perfek in by ons. Ons doelwitte is dieselfde en sy kan haar droom van dierebeskerming- en redding in alle aspekte by Odin uitleef,” sê sy.
*Odin glo hulle om elke hond waarmee hulle in aanraking kom 'n kans te gee op lewe. Dit het ongelukkig 'n astronomiese veeartsrekening tot gevolg. "Ons wil graag 'n tweedehandse winkel oopmaak om geld in te samel, maar ons soek nog 'n geskikte perseel. Indien enigiemand kontant bydraes wil maak of iets wil skenk wat ons in die winkel kan verkoop, kan hulle my skakel," sê Bruyns.
Sy kan by 076 202 00423 gekontak word.
Official SPCA statement
Senior Inspector Salomé Bruyns and Kennel Manager Tossie Botha are no longer employed at the Garden Route SPCA and we wish them well with any future endeavours. Both have served the animals at the Garden Route SPCA well and all their hard work is appreciated.
Inspectors who are employed at an SPCA obtain Magisterial Authorisation to work in specific area and are Animal Welfare Assistant certified so that they can assist animals in distress, These documents assist them in attending to their duties.
However once they are no longer employed at the SPCA these documents are cancelled. The same applies to Trainee Inspectors, Field Officers, etc whose qualifications cover work for the SPCA only. The reason for this is that the SPCA cannot be held responsible for work done through other organisations.
In Short
After 17 years at the Garden Route SPCA, Salomé Bruyns is bidding the SPCA farewell. However, this does not mean she is ending her career in animal welfare. Bruyns, who is no stranger to George, will be taking hands with Colleen Smith from Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) where she will spend her time, love and expertise to continue saving animals in and around George. In addition to the original branch in Oudtshoorn, Odin opened another branch at Tantivvey Guest Farm in George where they offer boarding kennels and animal adoption services, so Bruyns will not be leaving George.
Lees 'n vorige artikel: Geliefde inspekteur groet Tuinroete-DBV
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'