Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - As jy wil weet wat in sakekamers aangaan en hoe hul toekomspad kan lyk moet jy by die AHi Wes-Kaap se kongres op 3 en 4 November in George wees. Dit sal onder meer deur verteenwoordigers van sakekamers regoor die provinsie bygewoon word.
Die organisasie wat voorheen bekend was as die AHi, het in die verlede diep spore in die sakewêreld getrap.
Die kongres begin op Donderdagaand, 3 November, met ‘n galageleentheid waartydens toekennings vir prestasies in die sakewêreld gemaak sal word. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van AgriSA, is die geleentheidspreker.
Die volgende dag gaan daar kopstukke gepraat word oor onder meer die rol van toekomstige sakekamers. Paneelbesprekings sal plaasvind en die klem is op interaktiwiteit. Aanwesiges sal vrae kan vra.
Dr. Willie Cilliers, voorsitter/uitvoerende hoof, het Donderdag gesê later daardie middag vind die organisasie se algemene jaarvergadering plaas.
VIDEO: AHi hou kongres
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'