GEORGE NUUS - 'n Heerlike sosiale geleentheid vir mense om saam 'n bietjie aktief te wees in die buitelug terwyl hulle iets vir 'n goeie doel doen, word op Saterdag 4 November by Saasveld, die George-kampus van die Nelson Mandela Universiteit (NMU) aangebied.
Dit neem die vorm aan van 'n korporatiewe besigheidshardloop en -fietsryaflos, alles net vir die pret.
Spanne van ses (met drie hardlopers en drie fietsryers) kan inskryf en die kort afstande maak dit ook binne bereik van die onfikses. Die hardlopers sal 3 km aflê en die fietsryers 10 km.
"Die ACVV George bied die dag aan om geld in te samel vir al ons projekte en dit is 'n ideale spandbougeleentheid vir besighede," sê Louise King, een van die organiseerders.
Bel die ACVV se kantoor by 044 874 5937 of vir Heinrich Muller by 082 375 4175 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'