GEORGE NUUS - By Nostalgie-restaurant by die Groenkloof-aftreeoord heers 'n gesellige en vrolike atmosfeer waar 'n heerlike Duitse bierfees aangebied word in aanloop tot vanaand se stryd tussen die Springbokke en All Blacks.
Hier is reeds 'n klomp mense waaronder ook 'n klompie Duitssprekendes. Erica Gruber, die organiseerder, sê hulle verwag die getalle gaan toeneem na vanaand toe.
Die wedstryd gaan op groot skerms vertoon word.
Daar is lewendige musiek deur verskillende plaaslike kunstenaars en feesgangers kan ook snuffel by 'n verskeidenheid stalletjies tussen die kuier deur.
'n Pannekoekstalletjie kry goeie aftrek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’