OUDSHOORN NUUS -'n Fidelity Cash Solutions-geldwa is kort gelede by die Atlantic Oil-vulstasie oorkant die Bridgton-polisiestasie van 'n onbekende bedrag kontant beroof.
Volgens ooggetuies het drie mans met balaklawas uit 'n Toyota Conquest (kleur kon nie bevestig word nie) gespring en die geldwa beroof wat geld by die vulstasie se FNB OTM wou aflewer.
Die polisie is tans op die toneel.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'