GEORGE NUUS - Lede van die Round Table in George het die afgelope Saterdag, 9 April, moue opgerol en die strand by Wilderness skoongemaak. Dit was deel van die organisasie se strandskoonmaakprojek.
Dirk Barnard, die organiseerder, het Maandag gesê sowat 18 mense het gehelp om die besoedeling te bekamp.
"Ons wil dit weghou van diere soos byvoorbeeld waterskilpaaie. Dit is hoofsaaklik begin om diere teen die besoedeling te beskerm."
Aanvanklik het hulle gedink dit gaan nie 'n groot projek wees nie. Hulle tel baie sigaretstompies en stukke plastiek op. Hulle het ook al ou buitebande teëgekom.
Hulle verwyder die afval en plaas dit in buite dromme op die strand.
Die volgende geleentheid vind op 14 Mei om 10:00 by Wilderness plaas.
Mense wat belangstel om deel daarvan te wees kan hom kontak by 071 309 1665 of besoek die Facebook-blad, George Round Table 30, vir meer inligting.
Die span wat gehelp het met die opruiming by Wilderness-strand.
Die opruiming by Wilderness-strand.
Die opruiming by Wilderness-strand. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'