Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Vier strukture is vanmiddag in 'n brand in Rosedale verwoes.
Niemand is beseer nie.
'n Ooggetuie het aan die George Herald gesê die brand het in 'n los kamer in 'n gangetjie tussen huise begin en vinnig versprei.
Hy en ander gemeenskaplede het vinnig reageer en onmiddellik die brandweer gebel en tuinslange aanmekaar gesit om die vlamme te blus.
Volgens hom het die gemeenskap reeds telkemale gevra vir 'n brandweerwa hier in hul midde by die gemeenskapsaal: “As dit hier is sal minder huise afbrand omdat dit onmiddelik gestop kan word.”
Op 'n vorige geleentheid het die gemeenskap gevra vir noodopleiding sodat hulle weet wat om te doen as 'n brand uitbreek.
Volgens raadslid Edmund Bussack is hy vanmiddag deur die gemeenskap van Rosedale ingelig oor die brand. Hy het die brandweer gebel en 7 brandweer wa’s het opgedaag.
Debra Sauer, 'n kommunikasiebeampte van George- munisipaliteit het bevestig die brandweer was 14:21 op die toneel.
Die George-brandweer is steeds op die toneel waar hulle seker maak die brand kan nie weer opvlam nie.
Kyk 2 video's hieronder.
Foto: Salette Cloete
Foto: Salette Cloete
Foto: Lizette da Silva
Foto: Lizette da Silva
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'