GEORGE NUUS - 'n Verstopte rioolpyp in Hopestraat naby die kruising met Uniestraat veroorsaak probleme.
Rou riool en water is op die sypaadjie en in Hopestraat aan die agterkant van die departement van korrektiewe dienste se terrein. 'n Onaangename reuk hang in die lug.
Amptenare van die George-munisipaliteit het kort gelede die pyp oopgemaak. Volgens hulle sal ander amptenare binnekort die sypaadjie en pad skoonmaak.
Mense wat die pad gebruik om huiswaarts te keer na 'n dag by die werk, word gemaan om versigtig te bestuur. As moontlik maak gebruik van alternatiewe roetes.
Chantel Edwards-Klose, munisipale woordvoerder, het by navraag gesê ‘n riool blokkasie het veroorsaak dat die bedekking van ‘n mangat gelig het. Die situasie is om 14:00 onder die aandag van die munisipaliteit gebring. Die blokkasie is intussen oopgemaak en ‘n chemiese stof word gebruik om die gebied skoon te maak.
'n Verstopte rioolpyp in Hopestraat naby die kruising met Uniestraat veroorsaak probleme.
Amptenare van die George-munisipaliteit het kort gelede die pyp oopgemaak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'