TUINROETE NUUS - Raar, maar waar. Dit is kenners se mening oor 'n luiperd wat op die treinspoor in Glentana gewaar is.
Beeldmateriaal van die luiperd, vermoedelik 'n jong mannetjie, is onlangs op 'n sekuriteitskamera van die Glentana-buurtwag vasgevang.
Cape Nature het die afgelope week aan Mossel Bay Advertiser bevestig dat die beeldmateriaal, wat wyd op sosiale media versprei word, inderdaad die oorsponklike beeldmateriaal is.
Johan Marais van Eden Distrik Sekuriteit het die kamera 'n jaar en 'n half gelede geinstalleer en monitor die beeldmateriaal in samewerking met die Glentana-buurtwag. Die beeldmateriaal wys hoe ‘n luiperd doodsluiters op die spoor stap.
Die beeldmateriaal is op 31 Maart om 05:16 geneem.
Marais is reeds etlike jare by teenstroping betrokke en sê daar is geen rede vir inwoners om bekommerd te wees nie. “Dit is ‘n verskriklike skaam dier. Die kameras is al maande in die gebied en hoewel ons gereeld wilde diere sien, is dit die eerste keer wat ons ‘n luiperd op die kamera sien.”
Kyk die video hieronder:
Lees meer op ons susterkoerant, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo nuus'