Tuiniqua-versorgingsentrum hou op Vrydag 4 April ’n entrepreneursdag en nooi die publiek om die dag te ondersteun.
Daar sal handgemaakte items en heerlike tuisgebakte lekkernye, wat deur die inwoners gemaak is, te koop wees. Dit begin om 10:00 by die sentrum te Kerkstraat 13.
Vir meer inligting, skakel 044 874 5760.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’