Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Groep diereliefhebbers en protesmakers is by die George skouterrein waar McClaren sirkus vanaand, Vrydag 19 Mei, optree.
Hulle tree op onder die vaandel van Ban Animal Trading.
Volgens Alice Adendorf, die organiseerder, sien hulle geen nut dat in 2023 diere nog deur byvoorbeeld vuurhoepels moet spring.
Diere is in die konteks nie daar vir menslike vermaak. Die diere word na die vertonings ook in hokke aangehou.
Karl Hildebrandt van die sirkus het aan George Herald gesê elke mens het die reg tot protes. Hy het benadruk alles wat die sirkus doen is binne die wet.
Van kort na 16:00 het talle besoekers opgedaag. Hulle is ingewag deur die protesmakers wat plakkate vertoon het.
Eenkant het die polisie gestaan en 'n wakende oog gehou en alles het vreedsaam verloop.
Talle motoriste wat op die lughawe verby die skouterrein gery het, hul toeters gedruk uit steun vir die protesmakers.
VIDEO: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’