GEORGE NUUS - Weens ‘n besering kan die pianis Stern Bezuidenhout nie by Woensdag 23 Maart se etensuurkonsert optree nie.
In sy plek sal die orrelis, dr. Gerrit Jordaan, ‘n uitvoering gee.
Op die program is werke van Franse komponiste, o.a. ‘n deel uit die Eerste Simfonie van Widor, twee stukke van Gigout, asook die baie mooi Pastorale en die Derde Koraal van César Franck, ter viering van sy geboorte 200 jaar gelede.
Jordaan speel ook die Eerste Trio-sonate van JS Bach en twee van sy eie komposisies.
Die konsert vind tussen 13:00 en 14:00 by die NG Moederkerk plaas.
Toegang is gratis, maar donasies om onkostes te help betaal sal waardeer word. Covid-19-voorkomingsmaatreëls geld.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'