Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Leerlinge van Heidedal Primêr in Borcherds, het vanoggend (9 September) aan 'n pretloop by die skool deelgeneem.
Dit was om die gemeenskap bewus te maak van die uitdagings van misdaad, vandalisme, geweld en diefstal.
Die pretloop sou oorspronlik buite die skoolterrein in die omgewing plaasgevind het. Aanpassings moes egter gemaak word as gevolg van munisipale regulasies.
Die pretloop het toe binne die skoolterrein al langs die grensdraad plaasgevind.
Dudeley Schoeman, hoof van die skool, (sien video) het meer vertel.
VIDEO - Pretloop as deel van bewusmaking:
VIDEO - Heidedal se pretloop:
Een van die plakkate wat 'n leerling gedra het.
Liewe Heksie (Carol Lawrence-Pietersen, 'n onderwyseres by die skool) het ook saamgestap.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'