GEORGE NUUS - Koos van der Merwe, predikant van Eden-Gemeente en bekende sanger, skrywer en digter, se splinternuwe boek, Sielskos - Stories oor verlange en hoop, het pas verskyn en is landwyd beskikbaar.
Die boek is 'n versameling van sy populêre rubrieke die afgelope 15 jaar in die vrouetydskrif Sarie, en dit ontvang reeds uitstekende resensies.
Die bekendstelling is eerskomende Sondag (29 Julie) om 18:00 by Eden Place in die vorm van 'n konsert met sy bekendste musiek, gedigte en vertellings.
Die toegang is gratis en gaste is welkom om eie eet- en drinkgoed te bring.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'