Gallery Video
TUINROETE | KAROO NUUS EN VIDEO - Twee en twintig veteraanmotors het vanoggend, Vrydag 11 Februarie, vanaf Calitzdorp na die oumotorskou in George vertrek.
Die toer gaan elke jaar die motorskou vooraf. Phillip Kushke, organiseerder van die Zetso Café Vet Toer, sê die pragmotors het die week meer as 1 000 km gery.
Hulle het verlede week uit George na Kaapstad vertrek en vandaar weer terug deur die Karoo.
FOTOGALERY: Veteraanmotors ry deur die Suid-Kaap
Kushke vertel dat hulle in 2008 die Swartbergpas aangedurf het en dat die voertuie met gemak oor die pas kon ry. Slegs een voertuig het bo-op die pas by die uitkykpunt gebreek.
Almal sien baie uit na die 25ste oumotorskou, veral omdat dit verlede jaar weens die pandemie afgestel is. Die skou vind Saterdag en Sondag plaas.
VIDEO: Phillip Kushke in sy 107 jaar oue Ford
Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'