STREEKNUUS - Lede van verskeie Suid-Kaapse polisiestasies, provinsiale verkeer, die departement van korrektiewe dienste, verskeie gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) en munisipaliteite, het Dinsdag 10 Desember 'n padblokkade, ter bewusmaking van geslagsgebaseerde geweld, op die N12 net buite George gehou.
Tydens die geleentheid is pamflette uitgedeel en met inwoners en besoekers gesels oor gesins- en geslagsgebaseerde geweld.
Die geleentheid is deur die polisie se Tuinroete-distrikskantore gereël ter afsluiting van 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders.
Kort na die padblokkade is almal na die distrikskantoor waar advokaat Marilyn Scheepers Olifant van Legally You en die Tuinroete-distrik se GPF-voorsitter, Patrick Blaauw, die groep toegespreek het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’