GEORGE NUUS - Die NG Moedergemeente George nooi belangstellendes na hul Pinksterprogram wat van 28 Mei tot 1 Junie by die kerk plaasvind.
Die tema vir die program is "Die werking van die Gees in en deur die kerk" en die gasspreker is dr. Francois Carr.
Die inleiding vir die Pinksterweek vind tydens die erediens om 09:00 op Sondag 28 Mei plaas en dit word gevolg deur Pinksterdienste om 18:00 elke aand, van Maandag 29 Mei tot Donderdag 1 Junie.
Twee aanvullende werkssessies word ook aangebied.
Om 18:00 op Sondagaand, 28 Mei is die onderwerp "Hoe die Gees ons help om na die geestelike welstand van ons gemeente om te sien," en van 09:00 tot 12:00 op Woensdag 31 Mei word 'n evangeliekursus met die tema "Hoe lyk 'n geesvervulde gemeente" aangebied.
Albei hierdie geleenthede vind in die Langgebou plaas.
Die Moederkerk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’