GEORGE NUUS - Die Outeniquapas is in die stadium steeds oop vir verkeer. Padgebruikers word egter gemaan om versigtig te bestuur. ‘n Dik rookwolk het vanoggend vroeg oor die Outeniquaberge aan die George kant gehang.
Die brand wat laat gistermiddag in die Herold-gebied uitgebreek duur voort. George-brandbestrydersvoertuie is gistermiddag inderhaas van Vermaaklikheid teruggebring na George waar hulle gehelp het om ‘n brand in die gebied onder bedwang te bring.
Neels Barnard, George se brandweerhoof, het laat gisteraand gesê die brand het oor die berg van Herold versprei. George-brandweer word bygestaan deur ‘n span van CapeNature.
Die Garden Route-distriksmunisipaliteit help ook.
In die stadium wil dit voorkom of vlugte na en van die George-lughawe nie geraak word nie.
Chantel Edwards-Klose, woordvoerder van die George-munisipaliteit, het vanoggend gesê die brand is steeds aktief. Dit woed op grond wat aan CapeNature behoort.
Alle paaie in die George-gebied is wel oop vir verkeer, maar padgebruikers moet versigtig wees as gevolg van die rook en as in die lug.
Die brande op die berg.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'