GEORGE NUUS - Pasa (People Against Substance Abuse) bied 'n opwindende kompetisie aan waarin 'n Suzuki S-Presso op die spel is.
Kaartjies kos R20 en is beskikbaar by Freddy (071 090 4450) of Wayne (071 469 9353) of aanlyn op hul webwerf.
Pasa is 'n geregistreerde nie-regerings-organisasie wat daarop fokus om 'n opbouende impak op die lewens van die jeug te hê deur middel van projekte wat lewensvaardighede oordra.
Hulle bedien skole en besighede in die Tuinroete en so ver as die Kaap.
Hulle fokus veral op die voorkoming en bewusmaking van dwelm- en drankmisbruik deur die jeug die belangrikheid van eiewaarde en lewenskeuses te beklemtoon.
"Ons leer jongmense die verantwoordelikheid wat elkeen het om 'n doelgerigte lewe te lei," sê die uitvoerende hoof, Freddy Trout.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'