GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Motoriste moet kennis neem dat die afrit na Groot-Brakrivier vanaf Mosselbaai, rigting George, tans vir verkeer gesluit is weens padwerke.
Die ou pad is ook weens padwerke nie beskikbaar nie, en die aanbeveling is dat die Glentana-afrit van die N2 gebruik moet word om in Groot-Brakrivier uit te kom.
Motoriste moet dus by Groot-Brakrivier op die N2 verby ry en die Glentana afrit neem, en terugry rigting Mosselbaai op die ou pad om by Groot-Brakrivier uit te kom.
Dit is nie bekend hoe lank die pad gesluit sal bly nie.
Inligting verskaf deur ons susterkoerant, Mossel Bay Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'