Gallery
GEORGE NUUS - Die ACVV (Afrikaanse Christelike Vrouevereniging) van George in samewerking met Pacaltsdorp Laerskool het op Donderdag 2 Junie ‘n stil optog gehou ter bewusmaking van kinderregte.
Dit het deel gevorm van Kinderbeskermingsweek wat duur van Maandag 30 Mei tot Sondag 5 Junie.
Die leerders het self plakkate gemaak met slagspreuke oor kinderregte wat hulle tydens die optog gedra het.
Daar is 1 531 leerders in die skool en hulle het met treffende idees vir die plakkate vorendag gekom in die hoop dat dit mense sou laat nadink oor euwels soos kindermishandeling en -verwaarlosing.
FOTOGALERY: Bewusmaking van kinderregte by Pacaltsdorp Laerskool
Leerders van Pacaltsdorp Laerskool het met kreatiewe plakkate vorendag gekom.
Pacaltsdorp Laerskool het Kinderbeskermingsweek gebruik om bewusmaking te skep rondom die veiligheid van kinders.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'