GEORGE NUUS - Belastingbetalers in Pacaltsdorp was vandeesweek in sak en as nadat hulle 'n papierdun sakkie swart sakke van George-munisipaliteit ontvang het.
By nadere inspeksie het dit aan die lig gekom dat die sakkie nie oor die gebruiklike 26 swart sakke beskik, soos drie-maandeliks by inwoners se huise afgelewer word nie, maar slegs 10. Klagtes op sosiale media het die saak in die soeklig gebring.
Dit wil wel voorkom of dit slegs inwoners van Pacaltsdorp is wat hierdie karige rantsoen ontvang het. Ander woonbuurte in die dorp het steeds die gewone vet pak met 26 swart sakke ontvang.
"Toe ek verlede week die sakkie optel toe voel dit maar dun," het die een inwoner gesê. "Ek hoor toe my bure kla oor dieselfde ding. En wraggies, toe ek die sakke tel, is daar net 10!"
Sommige inwoners kla ook dat hulle nie altyd hulle swart sakke ontvang nie.
Munisipale bestuurder van gemeenskapsdienste, Walter Hendricks:
Die diensverskaffer het per ongeluk ‘n aantal pakkies van 10, wat vir ‘n ander klient bedoel was, met die munisipaliteit se bestelling gemeng. Mense sal kan voel aan die pakkie dat dit heelwat ligter as gewoonlik is – moet dit nie oopmaak nie en kom ruil dit om by 71 Meade Straat vir ‘n 26-pakkie. Dis ongelukkig al hoe ons kan verseker dat die regte mense die sakke kry en te verhoed dat die situasie nie uitgebuit word nie.
Die munisipaliteit het dit aan die verskaffer uitgewys dat ons klagtes rondom die kwaliteit van die sakke ontvang. Indien probleme rondom kwaliteit voortduur, mag die munisipaliteit dit oorweeg om die drie-jaar kontrak met die verskaffer te hersien.
Daar is vier siklusse wanneer sakke afgelewer word, min of meer die eerste week van Maart, Junie, September en Desember afhangende van omstandighede. Indien die publiek nie teen die derde week van daardie maande sakke gekry het nie, kan hulle sakke afhaal by 71 Meade Straat.
Daar is ongelukkig probleme met diefstal van sakke by huise waar daar nie mense by die huis is nie – die munisipaliteit stel voor dat daar met ‘n buurman wat by die huis is gedurende die dag gereel word om die sakke vir hulle op te tel en te hou.
Dit gebeur ook soms dat die ingange na huise nie duidelik is nie, of naby aanmekaar is, en dan word twee stelle sakke by een huis afgelewer – vra asb u bure of hulle nie per ongeluk meer as een stel sakke gekry het nie. Skakel 044 802 2900 vir navrae.
Lees die munisipaliteit se kommentaar, wat ontvang is na die George Herald gedruk is, hieronder.
George-munisipaliteit bestuurder gemeenskapsdienste, Walter Hendricks sê, die diensverskaffer het per ongeluk ‘n aantal pakkies van 10, wat vir ‘n ander kliënt bedoel was, met die munisipaliteit se bestelling gemeng.
“Mense sal kan voel aan die pakkie dat dit heelwat ligter as gewoonlik is - moet dit nie oopmaak nie en kom ruil dit om by Meadestraat 71 vir ‘n 26-pakkie. Dis ongelukkig al hoe ons kan verseker dat die regte mense die sakke kry en verhoed dat die situasie nie uitgebuit word nie.
Die munisipaliteit het dit aan die verskaffer uitgewys dat ons klagtes rondom die kwaliteit van die sakke ontvang. Indien probleme rondom kwaliteit voortduur, mag die munisipaliteit dit oorweeg om die drie-jaar kontrak met die verskaffer te hersien.”
Hy het bygevoeg dat daar is vier siklusse is wanneer sakke afgelewer word, min of meer die eerste week van Maart, Junie, September en Desember afhangende van omstandighede.
Indien die publiek nie teen die derde week van daardie maande sakke gekry het nie, kan hulle sakke kom afhaal by Meadestraat 71.
“Daar is ongelukkig probleme met diefstal van sakke by huise waar daar nie mense by die huis is nie - die munisipaliteit stel voor dat daar met ‘n buurman wat by die huis is gedurende die dag gereël word om die sakke vir hulle op te tel en te hou. Dit gebeur ook soms dat die ingange na huise nie duidelik is nie, of naby aanmekaar is, en dan word twee stelle sakke by een huis afgelewer – vra asseblief u bure of hulle nie per ongeluk meer as een stel sakke gekry het nie.”
Skakel 044 802 2900 vir navrae.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'