GEORGE NUUS - Paasfees-kerkdienste van heelwat plaaslike kerke sal hierdie naweek voortgaan met behulp van internet-tegnologie:
• Die NG Blanco-gemeente gaan Vrydag en Sondag om 09:00 eredienste hou op hul YouTube-kanaal. Jy moet eers inteken op die kanaal. Vir meer inligting, besoek hul Facebook-blad, Blancogemeente George.
• Kerke in Pacaltsdorp wat deel is van die Pacaltsdorp Ekumeniese Forum sal tydens Paasnaweek voorafopgeneemde dienste op Facebook en sosiale mediagroepe beskikbaarstel.
• Eagle's Nest-gemeente sal op Vrydag en Sondag om 10:30 'n lewendige uitsending hê op die kerk se Facebook-blad.
• Eden-gemeente sal Sondag aanlynkerkdienste aanbied om 08:30 en 10:00.
• Lidmate van die NG Moederkerk sal enige tyd Vrydagoggend na 'n voorafopgeneemde boodskap op YouTube kan kyk. Die skakel na die YouTube-kanaal is op hul Facebook-blad of lidmate kan op YouTube soek vir 'Moedergemeente George' en inteken op hulle kanaal.
Easter services at local churches this coming weekend:
• Hope Church will have online Easter weekend services on Friday (08:30, 10:00 and 11:30) and Sunday (08:30, 10:00, 11:30, 17:00 and 18:30). Services are streamed on Facebook and YouTube.
• St Mary's Catholic Church will not be conducting any services over Easter Weekend.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'