GEORGE NUUS - Oudleerders van 1988 van Hoërskool Pacaltsdorp het op 6 en 7 Oktober hul 30 jaar reünie by Seabreeze Cabanas in Victoriabaai gevier. Ongeveer 18 oudleerders het die genotvolle viering bygewoon en staaltjies uit hul skooldae gedeel.
'n Spesiale dank aan diegene wat van ver gekom het, veral Nicolene Plaatjies wat al die pad vanaf Engeland gekom het om die besonderse geleentheid met haar oud klasmaats te vier.
Vir die wat daarop uitgemis het, die reëlingskomitee beplan reeds aan die volgende reünie oor vyf jaar. Maak seker julle mis dit nie.
Alle oudleerders van 1988 kan die organiseerders, Maransia (Rens) Davids, Divine Pick en Malcolm Fredericks kontak vir meer besonderhede.
Oudleerders van 1988 van Hoërskool Pacaltsdorp het op 6 en 7 Oktober hul 30 jaar reünie by Seabreeze Cabanas in Victoriabaai gevier.
In die kombuis.
Alle oudleerders van 1988 kan die organiseerders, Maransia (Rens) Davids, Divine Pick en Malcolm Fredericks kontak vir meer besonderhede.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'