Gallery Video
GEORGE NUUS - Dit was weer tyd vir ploeg en plant Saterdag toe lede van die Suid-Kaap Veteraantrekker- en Implementeklub by Mount View Resort saamgetrek het vir hul jaarlikse trekkerdag.
Toeskouers kon koffie en pannekoek by 'n stalletjie van die ACVV koop en op lusernbale ontspan met die sussende gedreun van 'n klomp trekkers in die agtergrond wat heen en weer deur die land beur om die grond om te dolwe.
Die genot van die trekkereienaars wat graag met hul speelgoed pronk, was duidelik vir almal om te sien. Ritte op 'n sleepwa agter 'n trekker aan was vir groot en klein ewe veel pret.
Dit is die tweede keer dat die geleentheid aangebied word. Die korog wat tydens verlede jaar se byeenkoms aangeplant is, is vroeër vanjaar by die Oumotorskou geoes, en volgende jaar word die proses herhaal.
Belangstellendes kan die veteraantrekkers oor 'n paar weke ook in aksie sien by die George Landbouskou wat van 24 tot 26 Augustus by die skougronde plaasvind.
Kyk 'n video hier:
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'