Update
GEORGE NUUS - 'n Reddingspan is op die toneel waar 'n man dreig om van Wonki Ware in Yorkstraat se dak af te spring.
Lere is teen die gebou opgesit en die span gaan probeer om die man van die dak af te haal.
Kaptein Malcolm Pojie, Suid-Kaapse woordvoerder, sê die man wil afspring weens huishoudelike moles: "Dit is nie 'n misdaad nie. Die polisie is slegs hier om die persoon te help. Ons kan geen verdere persoonlike besonderhede bekendmaak nie."
'n Ambulans is in gereedheid op die toneel om die man George-hospitaal toe te neem as hulle daarin slaag om hom af te haal.
Die man is reeds ongeveer 4 ure op die dak.
Vorige artikel: Polisie probeer man keer om van dak te spring
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'