Vanjaar se nuwe amptelike borge, Weetbix en e-tv, sal stalletjies by die geleentheid beman.
Die program vir die jongspan begin reeds om 15:00 met die amptelike opening om 17:00. Spanne is al druk besig om voorbereidings te tref vir die heerlike eet- en drinkgoed wat die aand verkoop gaan word ten bate van Kansa.
Die publiek word genooi om die opening by te woon wat gevolg sal word deur 'n ererondte deur die Kansa-oorwinnaars. Die oorwinnaars gaan vanjaar getrakteer word op heerlike pizzas van Debonaires.
Die gedenkseremonie (lumenaria-seremonie) vind om 21:00 plaas. Lede van die gemeenskap wat lumenariasakkies gekoop en opgemaak het, word herinner om die sakkies vooraf by die komitee in te gee sodat daar kerse in geplaas kan word. Die kerse gaan vanaf 21:00 deurnag brand ter herdenking aan diegene wat die stryd teen kanker verloor het. Een van die hoogtepunte op die program is die optrede van 'Paul Amas en groep' wat vanjaar op versoek van die publiek terug is.
Die hekke sal om 22:00 sluit vir die publiek wat nie deelneem nie.
Sien jou op die baan komende Saterdag 16 Maart vanaf 16:00 tot Sondagoggend 05:00.
Dit word gehou by die Carpe Diem-skoolgronde. Toegang is R10 per voertuig en die fondse vir parkering gaan aan Carpe Diem.
Relay for Life program
- 15:00 Jake and guitarist
- 15:30 Children's choir of New Apostolic Church
- 15:45 Minki Stumpherk/Trampolene show
- 16:15 Johnny Apple
- 16:45 Welcome: Adele Potgieter
- 16:55 Introduction of Relay Committee
- 17:00 National anthem:
- 17:05 Gospel message: Ds Wollie
- 17:25 Alzonia Titus
- 18:00 Survivors' lap
- 18:15 Care givers' lap
- 18:30 Teams lap
- 18:45 Recognition of sponsors
- 18:50 Johan Gouws
- 19:15 Nickey Strydom
- 19:45 Dynamic dance studio
- 20:00 All activities stop and everyone moves to the stage.
- Donné Lotz on stage
- 20:45 Bagpipes, Firedancer
- 21:00 Lumenaria ceremony
- 21:15 Speaker: Levinia de Reuck; Dance: Salome Visser
- 21:28 Two minutes of silence
- 21:30 Natasha Kellies; Memory Lap
- 21:40 Anton Gemmer
- 22:15 Fight back: Ingrid Phooko
- 22:30 Jessica -Hip hop dancers and Shavathon
- 22:40 Andrea Joubert
- 23:15 Paul Amas and Group
- 00:45 Lloyd Botha
- 01:15 Idols
- 02:30 Cancer Quiz
- 03:15 Eden Lions team games
- 04:00 Last round
- 04:20 Teams meet at stage
- 04:45 Announcement of youngest and oldest participant
- 05:00 Announcement of winners and announcement of total amount raised
- 05:30 Gospel message: Rev. Wollie