GEORGE NUUS - Die Blanco-gemeenskapsforum en Blanco-kliniek hou 'n opelugdiens op Sondag 24 September met die tema 'Misdaadvrye omgewing vir Blanco'.
Dit vind plaas by die Blanco-sportgronde en begin om 15:00.
Die diens sal voorafgegaan word deur 'n kranslegging om 14:00 in Golden Valley (Claassensingel en Crowleystraat).
Die publiek word genooi om families te kom ondersteun wat 'n geliefde op 'n tragiese wyse verloor het en om deel te word van 'n positiewe verandering om 'n beter Blanco vir almal te bewerkstellig.
Bring jou eie stoel/kombers en kers. Almal is welkom.
Vir meer inligting, kontak mnr. J Williams by 081 821 3609 of apostel D Swartz by 084 805 0373.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’