RIVERSDAL NUUS - Dit is in die stadium nog nie seker wat die grusame ongeluk Sondag 30 Julie op die N2 naby Dekriet veroorsaak het nie.
Volgens kapt. Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie, is 'n man en sy vriendin se 10-jarige seun in die ongeluk oorlede.
"'n Saak van strafbare manslag word ondersoek. Ons weet die dubbelkajuit bakkie het gerol en dit het waarskynlik die twee insittendes se dood veroorsaak."
Toeriste van Nederland, twee vroue en twee kinders was in die ander voertuig. Niemand is egter beseer of na die hospitaal geneem nie en slegs die voorkant van die motor is erg beskadig. Verkeer is Sondag ontwrig toe die pad vir 'n ruk gesluit was.
• 'n Suster van die oorledene het Suid-Kaap Forum laat weet dat sy worshondjie ook in die bakkie was, maar van die toneel weggehardloop het. Dis 'n reun met 'n skraal liggaamsbou.
Enigiemand wat weet waar hy is, kan haar by 076 689 0447 skakel.
Die Nederlanders wat in die Ford Fiesta gereis het, was gelukkig om nie beserings op te doen nie.
Lees vorige artikels:
• Opvolg: Ongeluk op N2
• Ongeluk op N2
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'