Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die oorsaak van ‘n brand by die La-Belea Sportsbar in Mosselbaai word ondersoek.
Die restaurant is by die De Bakke-strandfront in Mosselbaai geleë.
Foto’s van die brand, wat die restaurant in ligte laaie wys, is op sosiale media gedeel.
Volgens Mosselbaai-polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer het die grasdakrestaurant in die vroeë oggendure van Donderdag 16 Mei vlamgevat.
Die Mosselbaai-brandweer was op die toneel en het die vlamme geblus.
Koekemoer sê geen gemene spel word vermoed nie.
“Die versekeringsmaatskappy het spesialiste wat die voorval sal ondersoek om die oorsprong van die brand te bepaal. Indien hulle brandstigting vermoed, sal ‘n saak deur die polisie geopen en ondersoek word.”
Die restaurant is onlangs deur ‘n nuwe eienaar oorgeneem en is ‘n munisipale gebou. Die skade van die brand moet nog bepaal word.
Kyk 'n video hieronder.
Die oorsaak van die brand word ondersoek. Foto: Thys Giliomee
Lees 'n vorige artikel: Restaurant brand af
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'