Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Woedende inwoners van Parkdene het vanaand, Vrydag 19 Januarie op Boston’s Tavern in Saturnusstraat, wat glo deur buitelanders bedryf word, toegesak en geëis dat die plek sy deure sluit.
Die polisie is gou na die toneel ontbied nadat die gebou en ‘n voertuig, wat glo aan een van die buitelanders behoort, met klippe bestook is.
Die mans is vir hul eie veiligheid onder beskerming van die polisie weggeneem en die deure gesluit.
Kort nadat die polisie vertrek het, het verskeie persone oor die hoë mure van die taverne gespring en die plek geplunder.
Drankbottels is uitgedra en aan mense in die straat uitgedeel.
Kyk 'n video hieronder.
Buite Boston’s Tavern in Saturnusstraat.
Dis onduidelik of die groep wat die gebou geplunder het, dieselfde groep is wat geëis het dat die taverne sy deure sluit.
Inligting van die polisie word afgewag.
Die mans is vir hul eie veiligheid onder beskerming van die polisie weggeneem.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
ARTIKEL & FOTO'S: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'