Gallery Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Sowat 200 munisipale werkers wag tans voor die munisipale hoofgebou op die munisipale bestuurder Trevor Botha.
Die werkers is ongelukkig oor sogenaamde Covid-19-fondse wat hulle glo toekom. Verder is hulle ontsteld oor die feit dat baie van hulle nie van maskers en reënbaadjies voorsien is nie.
Een van die werkers, Leroy Andrews, het ook sy ontevredenheid uitgespreek oor die feit dat hulle nie permanent aangestel word nie.
Fotogalery: Munisipale werkers kwaad oor Covid-geld
Kyk 'n video hieronder
Dit wil voorkom of die werkers almal EPWP-werkers is wat uithelp op kontrakbasis.
"Hulle gooi ons weg soos swartsakke" het Andrews gesê.
Terugvoer van George-munisipaliteit word afgewag.
Sowat 200 munisipale werkers wag tans voor die munisipale hoofgebou.
Dit wil voorkom of die werkers almal EPWP-werkers is wat uithelp op kontrakbasis.
Foto's: Michelle Pienaar
Vorige artikel: Werkers boos oor Covid-geld
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'